Lys van IOK-landkodes

Die vlag van die internasionale Olimpiese beweging.

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gebruik 'n landkode, wat 'n afkorting van drie letters is, om elke groep atlete wat in die Olimpiese Spele deelneem, te identifiseer. Elke kode identifiseer 'n Nasionale Olimpiese Komitee maar daar is kodes wat in vroeëre Spele vir ander doeleindes gebruik is, soos vir spanne wat saamgestel is van atlete van verskillende lande, of atlete wat nie formeel namens enige land deelneem nie.

Verskeie kodes wat die IOK gebruik verskil van die standaard ISO 3166-1 alfa-3 kodes. Ander sportorganisasies soos FIFA of die Gemenebesspele, gebruik soortgelyke kodes om na die verskillende spanne te verwys.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy